Kourou

Kourou

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Département Vlag van Frans-Guyana Frans-Guyana
 Koördinate 05°09′N 52°39′W / 5.150°N 52.650°W / 5.150; -52.650
 Stigting 1645
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 160 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 25 260
 - Bevolkingsdigtheid 12 /vk km
 Tydsone UTC -03:00
 Burgemeester François Ringuet
 Amptelike webwerf kourou.fr

Kourou is 'n stad in die Franse oorsese département Frans-Guyana met 'n bevolking van sowat 25 000, sowat 40 kilometer noordwes van die hoofstad Cayenne aan die kus van die Atlantiese Oseaan. Die voormalige Franse strafkolonie Duiwelseiland lê naby Kourou.

Kourou is 'n plaaslike toeristebestemming, maar staan veral bekend danksy die lanseersentrum Centre Spatial Guyanais van die Europese Ruimtevaartorganisasie (European Space Agency, ESA). Die sentrum, wat deur die maatskappy Arianespace beheer word, ontstaan in 1965 en word sedert die einde van die sestigerjare gebruik om Franse vuurpyle en satelliete te lanseer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search